RECORDS
Some use-full links
Pacific Bluefin Tuna
A potential all-tackle record may be in store for New Zealand 's A. G. Hamilton, of Whangarei, who landed a 300 kg (660 lb 6 oz) Pacific bluefin tuna ( Thunnus orientalis ) in ninety minutes while fishing out of Greymouth, New Zealand. The current record is 617 lb 4 oz caught September 10, 2005 at Hokitika Trench, New Zealand.



Port Elizabeth. - ’n Johannesburger het tydens sy vakansie in die Oos-Kaap ’n reuse-kabeljou gevang, maar sy aanspraak op ’n wêreldrekord prysgegee deur die knewel terug te gooi.
Mnr. John Crabb (27), ’n tegnikus, het die kabeljou van 82 kg naby Jeffreysbaai uitgetrek.
Hy wou ’n skeurtandhaai vang toe hy op die strand naby die monding van die Kabeljousrivier tjokka-aas aan sy hoek gesit het.
“Ek was oortuig dat ek met ’n skeurtand besig was, want hy was baie swaar,” het hy gesê oor sy 15 minute lange stryd om die kabeljou uit te trek. Die vis was 197 cm lank.
Volgens hengelaars hier was dit ’n nuwe wêreldrekord.
Crabbs het die Goliat-kabeljou gemerk en vrygelaat.
“So ’n groot vis is iets wat jy net een keer in jou lewe vang,” het mnr. Eden van der Mescht, ’n lid van die OP-hengelklub, gesê.
Volgens mnr. Chad Alcock, mede-eienaar van Alcock’s Fishing Tackle in Port Elizabeth, is daar talle redes waarom visse deesdae so groot word.
“Hengelaars het meer respek vir die visse en die sport en hulle gooi die grotes meestal terug.
“Baie van die strande laat mense nie toe om daar te hengel nie en sommige gebiede is beskermde natuurgebiede. Die visse raak dan ouer en groter, wat voordelig is vir die voortbestaan van die spesie.”
Volgens Alcock en mnr. Chris van der Merwe, voorsitter van die Gamtoosriviermond-bestuursforum, is die vorige rekord van dié soort vis 73 kg.
Crabb beplan om al die vis se besonderhede aan die Oseanografiese Navorsingsentrum by die uShaka-oseanarium in Durban te stuur.
“Maar ek kan nie amptelik die rekordhouer word nie omdat die vis nie op ’n skaal geweeg is nie en omdat ek dit vrygelaat het.”
- Beeld
